Kenner sê oor sprinkane en reën

Met die goeie reën wat in die meeste dele van Namibië ontvang is, die Suide ingesluit, is daar ‘n moontlikheid dat sprinkane weer in die suidelike gebiede kan voorkom. Voor die reënseisoen het boere op ‘n daaglikse basis sprinkane bespuit. Dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in hierdie verband, sê dat sprinkane twee weke na die reën weer kan uitbroei.