Kenner sê oor onafhanklikheid van verkiesingskommissie

Die Verkiesingskommissie van Namibië se uittredende voorsitter, Notemba Tjipueja, het gesê die kommissie streef daarna om ten volle onafhanklik van die regering te wees om deursigtigheid te verseker, asook om betroubare verkiesings te hou. Tjipueja het in ‘n mediaverklaring gesê om dié doelwit te bereik, het die kommissie by die Internasionale Instituut vir Demokrasie en Verkiesingshulp vir tegniese hulp en hulpbronne aangeklop om ‘n internasionale studie van stapel te stuur wat ‘n verslag sal saamstel vir die kommissie om ten volle onafhanklik te wees. Politieke kommentator Ndumba Kamwanyah sê aan Kosmos 94.1 Nuus die Verkiesingskommissie kan onafhanklik werk.