Kenner reageer op ‘vernuwing’ in ANC

Die ANC se vierings van sy 110de bestaansjaar die afgelope naweek en die 8 Januarie-verklaring het die nuustoneel in Suid-Afrika oorheers. Die nasionale uitvoerende komitee het ingestem om ‘n sogenaamde ANC vernuwings-kommissie op die been te bring wat die weg sal baan vir hoe die party in 2032 sal lyk teenoor hoe die party tans lyk. Die party-president Cyril Ramaphosa het gesê die vernuwing van die ANC is van kardinale belang te midde van teleurgestelde ondersteuners wat hul stemme weerhou. Vir sy reaksie in die verband het Kosmos 94.1 Nuus die mening van professor Andre Duvenhage ‘n politieke ontleder gekry.