Kenner gesels oor berading by werksplekke vir Covid-trauma

‘n Plaaslike maatskappy in Namibië soek na beraders vir hul werknemers wat deur die Covid-pandemie geraak is ná sterftes van familielede of geliefdes. Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, het gesê dit is inderdaad ‘n baie goeie inisiatief en moet deur werkgewers oorweeg word. Parkhouse praat met Kosmos 94.1 Nuus.