Kenner en kritikus van ReconAfrica hou seminaar

ReconAfrica se olie- en gas-eksplorasie in Namibië se Kavango-streke maak wêreldwyd opslae. ReconAfrica maak beloftes van rykdom vir beleggers, ‘n hupstoot vir die Namibiese ekonomie en geen skade aan die omgewing nie, maar omgewingsaktiviste stem nie saam nie. Die Namibiese Wetenskapsvereniging gaan op 16 November die aand om sewe-uur ‘n praatjie aanbied met Matt Totten Junior as die gasspreker. Hy is ‘n uitgesproke kritikus van die eksplorasie in die Kavango-kom. Waltraut Fritzsche, uitvoerende hoof van die vereniging, sê Totten is ‘n kenner op dié gebied.