Keniaanse kultusleier weer vandag in die hof

Die Keniaanse kultusleier Paul Mackenzie sal vandag weer in die hof in Malindi verskyn. Hy is vroeër in Mei, borg geweier. Mackenzie word daarvan verdink dat hy sy volgelinge beveel het om hul kinders en hulself uit te honger. Owerhede het reeds die oorskot van meer as 200 mense op sy landgoed gevind. Mackenzie, die leier van die Good News International Church, sal na verwagting vandag gevra word om te pleit. Internasionale nuusagentskappe berig dat hy verskeie kere in hegtenis geneem is maar is elke keer weer vrygelaat. Die polisielede van die Malindi stasie wat hom vrygelaat het, is verplaas na ander dorpe in die land. Keniaanse owerhede oorweeg ook om pastore te reguleer.