Keniaanse atlete oorheers Chicago Marathon

Ruth Chepngetich van Kenia het die vroue-wêreldrekord met byna twee minute verbeter by die Chicago Marathon. Die 30-jarige het ‘n tyd van twee-uur-nege-minute-en-57-sekondes aangeteken en Ethiopië se Tigst Assefa se vorige rekord oortref, wat verlede jaar in Berlyn opgestel is. Chepngetich, wat ook in 2021 en 2022 gewen het, is die eerste vrou wat deur twee-uur-en-tien-minute in die marathon breek. In die manswedloop het John Korir van Kenia ‘n persoonlike beste tyd behaal van twee-uur-twee-minute-en 44-sekondes vir ‘n oorwinning. Chepngetich sê dit is asemrowend om die wêreldrekord te verbeter: