Kenia: Uitslae van verkiesings vat te lank

Die hoof van Kenia se verkiesingskommissie Wafula Chebukati het erken dat die uitslae van die verkiesings te stadig in kom en het politieke partye vir die vertraging blameer. Dinsdag se verkiesing was grootliks vreedsaam, maar daar was na vorige verkiesings dodelike geweld in die land ervaar. Op die oomblik dui die uitslae aan dat die twee voorlopers William Ruto en Raila Odinga kort op mekaar se hakke is. Die ingewikkelde proses om stemme te verifieer en te tel is nou in sy vierde dag, met Chebukati wat agente van politieke partye daarvan beskuldig dat hulle die proses vertraag deur verkiesingswerkers met onnodige vrae besig te hou.