Keetmanshoop se water glo vanaand terug
NamWater het aangekondig dat die water-onderbreking in Keetmanshoop tot vanaand kan voortduur. ‘n Pyp wat water aan die dorp voorsien het Maandag gebreek en ‘n onderhoudspan is dadelik gestuur om dit reg te maak. Die watertoevoer is 3-uur vanoggend herstel maar die pyplyn moet eers vol loop voordat NamWater se reservoirs hervul kan word. Die proses sal voortgaan totdat die waterdruk weer normaal is en die watertoevoer herstel kan word, wat na verwagting vanaand sal gebeur.