Kaza gaan volgende jaar olifantsensus doen

Die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied, Kaza, gaan volgende jaar met sy olifant-lugopname begin om te bepaal hoe groot die olifantbevolking in die gebied is. Die regerings van Namibië, Botswana, Angola, Zambië en Zimbabwe,wat deel is van Kaza, gaan in Julie 2022 met die lugopname begin wat vir vier maande gaan duur. Volgens ‘n verklaring van Kaza gaan die opname drie miljoen Amerikaanse dollar kos en ‘n oppervlak van sowat 520 000 vierkante kilometer beslaan.