Kauta sê sy kliënte was geteiken met ‘pistool’

Die LPM-leiers, Bernadus Swartbooi en Henry Seibeb, se regsverteenwoordigers, Patrick Kauta en Mercy Kuzeeko, beweer Namibiese polisiebeamptes het ‘n pistool in Kauta se sak geplant. Die pistool wat op die skandering by sekuriteit by die gebou gesien is was nêrens in die sak nie. In ‘n brief van die regsfirma, Weder, Kauta en Hoveka, aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, sê die regslui dat die voorval plaasgevind het toe hulle Dinsdag die Nasionale Raad se gebou besoek het om namens hul kliënte hul verhoor by te woon. Hulle kliënte het nie verskyn nie maar die firma beweer dat dit gedoen is met die hoop dat hulle kliënte wel teenwoordig sou wees en dus, ‘n bedreiging kan beskou word. Die regsverteenwoordigers vereis teen Maandag ‘n volle verduideliking.