Katjiua weier om amptelike voertuig te oorhandig

Die onmin tussen die Namibiese regering en die Ovaherero-gemeenskap en opperhoof duur voort. Amptenare van die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling het by die woning van die opperhoof, professor Mutjinde Katjiua opgedaag om beslag te lê op die owerheid se amptelike voertuig. Katjiua sê die dokumentasie was nie in orde nie en meen die ministerie tree namens die owerheid se voorsitter Vipuira Kapuuo op. Katjiua het sy standpunt so verwoord.