Katjavivi moet sê oor heining by parlement – PDM

Nog reaksie word ontvang op die heining wat op die oomblik by die parlementstuine in die hoofstad opgerig word. Die perseel sal toe wees vir die publiek, as owerhede so voel, omdat hekke ook opgerig word. Vroeër het die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê die regerende party is skrikkerig vir van die opposisiepartye. Nou het die president van die amptelike opposisie, McHenry Venaani van die PDM ‘n brief in die verband aan die Speaker gerig. Hy sê hy eis antwoorde oor hoekom die plek van die mense toegemaak word. Venaani het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.