Katima-inwoners moet steeds paraat wees vir olifante

Die groep olifante wat vermoedelik van Zambië by Katima Mulilo verlede week Maandag opgedaag het is steeds in en om die dorp. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing Romeo Muyunda sê die situasie word deurentyd gemonitor maar het weer inwoners gemaan om die diere uit te los en versigtig te wees.