Katar: Sake word uitgespook vir twee laaste plekke

Switserland, Kameroen, Serwië, Ghana, Suid-Korea en Uruguay spook sake vandag uit om die laaste twee plekke in die ronde van 16 van die Wêreldbekertoernooi. Suid-Korea kom te staan teen Portugal, wat reeds deur is, terwyl Kameroen swaarde kruis met Brasilië, wat ook reeds hulle plek bespreek het in die uitklopfase. Serwië en Switserland pak mekaar, asook Ghana en Uruguay. Nederland en Amerika skop môre die ronde van 16 af, gevolg deur die wedstryd tussen Argentinië en Australië vir ‘n plek in die kwarteindronde.