Katar het gehelp … met ‘n plan

Met die oorname van Afghanistan deur die Taliban het Katar ingetree en as tussenganger opgetree tussen die sogenaamde Weste en Kabul. Vlugtelinge is ook na die land uitgevlieg en talle diplomate was Westerse lande het die afgelope tyd na Katar gereis om die kwessies in Afghanistan te bespreek. Daar is sommige analiste wat meen dit is presies wat Katar wou gehad het. Dat Westerse lande hom iets skuld. Kosmos 94.1 Nuus het met Brooks Spector, ‘n kenner in Amerikaanse betrekkinge, sy mening gevra.