Kartering, kwantifisering van bronne krities vir grondbeleid

Die adjunk-landbouminister Anna Shiweda sê opmetings en kartering van landbougrond is uiters belangrik, nie net vir grondbestuur nie maar ook om beleid in verband met grondhervorming te ondersteun. Sy woon op die oomblik die 12de konferensie van ministers verantwoordelik vir die aktiwiteite van die streeksentrum vir kartering van hulpbronne vir ontwikkeling in Kampala, Uganda. In haar mening moet geo-monitering ook verskerp word. Sy sê as gevolg van klimaatsverandering en natuurlike rampe soos herhalende droogtes en vloede, is die kartering en kwantifisering van hulpbronne van kardinale belang omdat dit sal lei tot regverdige verspreiding, volhoubare bestuur, ontginning en benutting van hulpbronne.