Karkas van ‘spioen’ Beluga-walvis gevind

Die karkas van ‘n Beluga-walvis wat na bewering deur Rusland as ‘n spioen opgelei is, is aan die Noorweegse kus aangetref. Die walvis is die eerste keer vyf jaar gelede in Noorweegse seegebied opgemerk met ‘n GoPro-kamera aan ‘n harnas met die etiket “Toerusting van St Petersburg”. Die ontdekking het gelei tot ‘n ondersoek deur Noorweegse intelligensie wat later gesê het die walvis was gewoond aan mense en is waarskynlik opgelei deur die Russiese weermag. Moskou het nooit gereageer op die aantygings nie, maar Rusland het ‘n geskiedenis van die oplei van seediere vir militêre doeleindes.