Karakoelbedryf herstel stadig

Die herstel in die karakoel-bedryf is volgens berigte stadig. Die bedryf is baie swaar getref deur Covid. Daar was onlangs ‘n veiling maar, van die 14 000 pelse sal 8 000 terugkom Namibië toe vir volgende jaar se veiling. Die pryse was ook nie uiters goed nie. Louisa Campbell van Lovedale Farming sê ook die mark in Rusland is versteur deur die oorlog.