Kaptein van die Britse en Ierse Leeus beseer

Rugby: ‘n Besering kan die kaptein van die Britse en Ierse Leeus, Alun Wyn Jones, dalk uit die toer na Suid-Afrika dwing. Die veteraan-slot van Wallis moes die veld vroeg in ‘n opwarmingswedstryd gister teen Japan op Murrayfield verlaat. Hoewel hy sy gewrig vasgehou het, het ‘n boodskap van die Leeus op Twitter gesê die 35-jarige Jones het ‘n skouerbesering opgedoen. Wyn Jones hou die rekord vir die meeste wedstryde in internasionale rugby. Die eerste toets teen die Springbokke vind op 24 Julie in Kaapstad plaas.