Kapings deur Somaliese seerowers skiet op

‘n Indiese vlootskip het die gekaapte Maltese vragskip Ruen ingehaal en Somaliese seerowers aan boord beveel om oor te gee.

Volgens ‘n vlootwoordvoerder het die seerowers, wat die vragskip al in Desember gekaap het,  in internasionale waters hulle losgebrand. Die vloot het ‘n beroep op die seerowers gedoen om oor te gee en die vaartuig en burgerlikes vry te laat.

Minstens 17 voorvalle van kaping of poging tot kaping is sedert Desember deur die Indiese vloot aangeteken.