Kapenaars betoog teen kragkostes

Die verbruikers-aktivistegroep Stop the City of Cape Town sê hulle het geen ander keuse as om te betoog nie. Hulle gaan môre by die burgersentrum betoog teen die Stad Kaapstad se onredelike houding teenoor groepe wat beswaar maak teen elektrisiteitstariewe, asook die manier waarop tariewe vasgestel word. Die organiseerder van die protesaksie, Sandra Dickson, sê die groep het ‘n sterk teenwoordigheid op Facebook en hulle vra dat mense saam staan om die stadsraad se beleid vir tariefbepaling te beëindig: