Kanselleer asb. Kerspartytjies – WGO

Die Wêreldgesondheidsorganisasie doen ‘n beroep op mense om byeenkomste tydens die feestyd uit te stel want vieringe kan tot ‘n toename in Covid-19-gevalle lei. Die organisasie se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê die Omikron-variant versprei vinniger as die Delta-variant en veroorsaak infeksies by mense wat reeds ingeënt is of wat van ‘n Covid-19-verwante siekte herstel het. Ghebreyesus sê moeilike besluite moet tydens hierdie vakansie geneem word om lewens te red: