Kansellasie van sensus lok kritiek uit

Die Namibiese regering gaan gebuk onder kritiek dat die sensus, wat in Augustus sou afskop, weereens onbepaald uitgestel is. Daar is geen geld nie. Die minister van finansies Ipumbu Shiimi het nie fondse daarvoor beskikbaar gestel tydens sy begroting nie. Die laaste groot sensus is in 2011 uitgevoer en dit moet elke tien jaar plaasvind. Die sensus is uiters belangrik vir beleidsmakers om die stand van sake in huishoudings en besighede regoor die land te bepaal en sodoende beplanning daarvolgens kan doen. Die vraag is, sal daar volgende jaar geld wees? Die Namibiese Statistieke Agentskap het aanvanklik 950 miljoen Namibiese dollar begroot en dit is afgebring na 606 miljoen dollar toe. Die regering sou aanvanklik 500 miljoen daarvan beskikbaar gestel het maar dit is nie gedoen nie.