Kankervereniging se nasionale uitreik-program skop in Hardap af

Die Kankervereniging van Namibië gaan sy nasionale uitreik-program môre in die Hardap-streek afskop. Die vereniging is môre vanaf half-agt die oggend tot drie-uur die middag by die Rietoog-gemeenskapskliniek in die Rehoboth-distrik. Vir 100 vroue sal gratis papsmeer-toetse vir servikale kanker en bors-ondersoeke vir borskanker gedoen word, en 50 mans sal gratis vir prostaatkanker getoets word. Woensdag kom die Sesriem-kliniek aan die beurt.