Kanker in die kollig
Die Ongwediva Medipark bied sy 11de jaarlikse bors-, servikale- en prostaatkanker-bewusmakingsveldtog aan om bewustheid te verhoog oor die potensiële risiko’s verbonde aan hierdie kankers. Hospitaalbestuurder Sakeus Kamati sê die veldtog begin met ‘n pretloop teen kanker en ‘n voortgesette professionele ontwikkeling-aanbieding. Hy voeg by Ongwediva Medipark is daartoe verbind om die lewens van kankerpasiënte te verbeter deur verskeie inisiatiewe, insluitend opvoedkundige hulpbronne, pasiëntondersteuningsdienste en fondsinsamelingsaktiwiteite. Vanjaar se veldtog is ‘n omvattende poging om bewustheid oor kankervoorkoming, vroeë opsporing en behandelingsopsies te verhoog. Volgens Kamati is drie staatspasiënte met kankerverwante simptome reeds geïdentifiseer vir verdere behandeling.