Kanime praat oor skietvoorval in hoofstad

‘n Video op sosiale media waar dit voorkom asof ‘n lid van die Windhoek Stadspolisie ‘n lid van die publiek twee keer skiet, het groot opslae gemaak. Die man het baie aggressief teenoor die beampte gereageer en hom ook herhaaldelik gevloek. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof van die mag, Abraham Kanime gepraat. Hy sê sake is teen albei die lid van die publiek sowel as die amptenaar aanhangig gemaak.