Kandume het nie op moordklagte verskyn nie, is gehospitaliseer

Plaaslike berigte lui die moordverdagte Simon Kandume is in ‘n kritieke toestand in die Onandjokwe-hospitaal. Kandume, wat daarvan verdink word dat hy sy 37-jarige meisie en hul twee-jarige dogter met ‘n mes doodgesteek het, en hul 13-jarige seun ernstige beseer het, het blykbaar ‘n konkoksie pille gedrink voor hy Sondag gearresteer is. Hy sou gister in die Ondangwa-landdroshof verskyn het maar, het nie.