Kandjoze sê Hyphen-groenwaterstof-projek gaan vooruitgang bring
Die Namibiese regering en Hyphen Hydrogen Energy het vandag die sosio-ekonomiese ontwikkelingsraamwerk vir Namibië se mylpaal groenwaterstof-projek van 10 miljard Amerikaanse dollar op Keetmanshoop bekendgestel. Die raamwerk is ‘n integrale deel van die haalbaarheids- en implementerings-ooreenkoms om die sosio-ekonomiese welstand van Namibië te bevorder, werk te skep, plaaslike gemeenskappe te bemagtig, ekonomiese groei te bevorder en ‘n volhoubare toekoms vir alle Namibiërs te verseker. Obeth Kandjoze, voorsitter van die Groenwaterstof-raad, het tydens die hoofrede gesê dat hierdie projek werk veral vir die Namibiese jeug sal verskaf.