Kandjeke braak gal oor lugkwaliteit-inspeksies

Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het sy kommer oor lugkwaliteit-inspeksies in die land in ‘n nuwe verslag uitgespreek. Volgens hom het die betrokke omgewingsdepartement in die ministerie van die omgewing 52 lugbesoedeling inspeksies tussen 2014 en 2017 uitgevoer en 26 van die is nie voltooi nie. Kandjeke het ook skerp kritiek teenoor die ministerie uitgespreek omdat hy nie uitstaande koolstof-belasting invorder nie. Daar word beraam dat die bedrag teen 2023 2,4 miljard Namibiese dollar sal bereik. Die ouditeur-generaal het ook gesê TransNamib het geen inspeksies uitgevoer nie, veral in verband met die vervanging van oliefilters in 68 persent van sy lokomotiewe en dit plaas die publiek se gesondheid in gevaar.