Kandidate gekies op bekwaamheid – Cyril

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, sê die party se keuse van kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing is ‘n belangrike stap in die party se vernuwingsproses. Die regerende party sal sy verkiesingsmanifes vandag in Pretoria bekend maak. Ramaphosa het in ‘n voorskou oor die manifes gisteraand gesê die ANC-strukture was baie streng en het mense met misdaadrekords van die lys verwyder en bekwaamheid bó gewildheid geplaas: