Kanadese tiener klop Naomi Osaka

Tennis: Die Japanese ster, Naomi Osaka se verdediging van haar titel by die
Amerikaanse Ope is verby na ‘n ongelooflike vertoning deur die Kanadese tiener,
Leylah Fernandez. Die 18-jarige Fernandez het haar kans benut toe Osaka haar
humeur verloor het vir ‘n merkwaardige oorwinning van 5-7, 7-6 en 6-4. Osaka kon nie
haar selfbeheersing terugkry na haar teenstander in die tweede stel deurgebreek het
nie, en sy het haar raket twee keer teen die grond gegooi. Fernandez kom teen nog ‘n
Grand Slam-kampioen, Angelique Kerber van Duitsland, in die vierde ronde te staan.