Kanada keur die toediening van Phizer goed vir kinders

Kanada het aangesluit by die lande wat die toedien van die Pfizer-BioNTech Covid-19 entstof aan kinders tussen 5 en 11-jaar-oud, goedgekeur het. Maatskappye het in Oktober aansoeke voorgelê nadat kliniese toetse op duisende kinders in hierdie ouderdomsgroep gedoen is. In ‘n amptelike verklaring sê Kanada se Gesondheidsdepartment daar is vasgestel die voordele van die entstof oorskadu verreweg die risiko’s. ‘n Dosis van 10-milligram sal as twee inentings met drie weke tussenin, toegedien word. Daar is bevind die entstof is meer as negentig-persent doeltreffend sonder enige ernstige newe-effekte.