Kan Tasmaanse tier herleef word?

Wetenskaplikes in Australië en Amerika het begin met ‘n projek om die uitgestorwe Tasmaanse tier na 90-jaar te laat herrys. Die navorsers glo hulle kan die spesie binne tien-jaar weer bekend stel deur stamselle en geen-redigerende tegnologie te gebruik in ‘n proefneming wat miljoene dollar gaan kos. Ander kenners is egter skepties en beskou die poging as wetenskapsfiksie. Daar word berig alhoewel die tier sy naam gekry het weens strepe op sy rug, was dit eintlik ‘n buideldier. Die laaste dier in hierdie spesie is in 1930 dood.