Kan die Springbokke dit vandag doen? …kyk vanaand sesuur

Die besoekende Britse en Ierse Leeus verwag ‘n hewige stryd teen die wêreldkampioen wanneer die tweede toets teen die Springbokke vanaand sesuur in Kaapstad afskop. Die Leeus se kaptein, Alun Wyn Jones, sê die Bokke voel steeds afgehaal ná hulle 17-22-nederlaag in die eerste toets nadat hulle teen rustyd met nege punte voorgeloop het. Hy sê hulle gaan van die begin af druk plaas op die Suid-Afrikaners omdat hulle die reeks vanaand met ‘n oorwinning wil beklink. Springbok-hulpafrigter, Mzwandile Stick, het aan media gesê die span is opgewonde oor vanaand kragmeting.