Kakololo in die kryt vandag om ‘n wêreldtitel vir Namibië te verower

Die boksensasie Nathanael Kakololo van MTC en die MTC Salute Boks-akademie kry vandag nog ‘n kans om ‘n wêreldtitel vir Namibië te verower. Kakololo is in die Oekraïne vir sy geveg teen Oleg Malinovskyi van die Oekraïne. Ná verwagting sal die twee mekaar die stryd aansê vir die WBO-veergewig interkontinentale titel. Kakololo het met Kosmos 94.1 Nuus vanaf sy oefenkamp in die Oekraïne gepraat.