Kagame teiken sy kritici in die buiteland
Rwanda se president, Paul Kagame, word daarvan beskuldig dat hy sy internasionale aansien gebruik as ‘n dekmantel vir wrede mishandeling, noukeurige monitering en arbitrêre arrestasies van sy landsburgers in die diaspora. Dit is volgens die jongste verslag deur Human Rights Watch. Die organisasie sê selfsensuur, om weg te skram om kommentaar te lewer oor politiek, en om nie terug huis toe te reis nie, is van die metodes wat Rwandese gebruik het om die regering se toorn te vermy.