Kabinet keur konstruksie van Khomas-distrikshospitaal toe

President Hage Geingob het tydens sy staatsrede in die parlement die gebrek aan staatsgesondheids-geriewe aangespreek. Die kabinet het nou die konsultasies vir die ontwikkeling van ‘n nuwe hospitaal met 250 beddens, die Khomas-distrikshospitaal, goedgekeur. Dit sal die toestroming na die Katutura- en Windhoek Sentraal-staatshospitale verminder. Die kabinet het die ministeries van gesondheid, finansies en openbare ondernemings en die Nasionale Beplanningskommissie opdrag gegee om finansiële hulpbronne beskikbaar te stel vir die konstruksie van die hospitaal. Die gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula deel meer met Kosmos 94.1 Nuus…