Kabinet keur kis-planne goed

Die plan van die Namibiese regering om doodskiste plaaslik te vervaardig is deur die kabinet goedgekeur. Die plan vorm deel van die handelministerie se Growth at Home-strategie. Volgens die kabinet moet die nuwe skema ook sorg dat ‘n sterk plaaslike houtbedryf ontwikkel word. Daar is op die skema besluit na die erge tekorte aan doodskiste wat tydens die derde vlaag van Covid in Junie en Julie ervaar is en 2 227 mense gesterf het. Verskeie vertragings het as gevolg van die tekorte voorgekom en lykshuise regoor die land is oorweldig. ‘n Tegniese komitee is reeds daargestel deur die Namibiese Beplanningskommissie en 58 klein sakeondernemings is reeds geïdentifiseer.