Kabinet hervat môre, daar’s nie vreeslik rede vir opgewondenheid nie

Die Namibiese kabinet hervat môre sy bedywighede vir die jaar. President Hage Geingob sal die sessie amptelik open. Maar, daar is oor die algemeen teleurstelling in die regering veral as gevolg van dienslewering. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanya sê die sessies handel meer oor politiek as dienslewering en meen dat groen waterstof en ru-olie meer ter sprake sal kom omdat Geingob dit as sy nalatenskap ag.