Kabinet gee opdrag oor ondersoek na kleinvee-uitvoere na VAE

Die Namibiese kabinet het verskeie beslissings gemaak waaronder samewerking ooreenkomste met die Midde-Ooste. Volgens die inligtingsminister, Peya Mushelenga het kabinet opdrag gegee dat die ministerie van handel begin met operasionele planne vir samewerking met die Verenigde Arabiese Emirate vir die aluminium- en dadel-bedrywe sowel as die uitvoer van kleinvee na die Midde-Ooste. Mushelenga het nie meer besonderhede oor die beplanning vir kleinvee-uitvoere bekend gemaak nie maar die kwessie was onlangs in die nuus toe daar beplan was om vee in te voer na Namibië en dan op die hoef te verskeep na die Midde-Ooste. Diereregte aktiviste was woedend maar die ministerie van landbou het dit uiteindelik gekeer deur die invoer van vee na Namibië te verbied as gevolg van bek-en klouseer, wat ook in Suid-Afrika voorkom.