Kaartjies vir Sewes in Kaapstad, van vandag af beskikbaar

Kaartjieverkope vir die eerste wêreldbekerkompetisie in 27 jaar in Suid-Afrika – die Wêreldbeker-Sewes vir 2022 – begin vanoggend om nege-uur. Die toernooi word van 9 tot 11 September in Kaapstad gehou. Die 40 beste mans- en vroue-sewespanne van oral in die wêreld sal die Moederstad vir drie dae op horings neem voor twee van hulle as wêreldkampioene vir die volgende vier jaar gekroon word. Wêreld-Rugby beklemtoon kaartjies is slegs by TicketMaster beskikbaar.