Kaapstadse burgemeester weerlê aantygings van vervoerminister

Stad Kaapstad sê alle taxi’s wat in die metro geskut word, is ooreenkomstig die Wet op Nasionale Landvervoer, en bewys die nuuskonferensie van die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, verkeerd. Die stad herbevestig die skut van taxi’s geskied nie volgens die verordeninge van die stad soos die minister beweer het nie. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die verkeers-verordening is gewysig om ernstige oortredings vir sowel openbare en private voertuie te dek. Hy sê geweld sal nie as ‘n onderhandelingstaktiek geduld word nie, en dring aan op vreedsame onderhandelings.