Kaapstadse burgemeester hersien sy 100 dae in die amp

Kaapstad moet sy regmatige plek inneem tussen die werklike groot stede van die wêreld. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê dit kan gedoen word indien die stadsraad dapper stappe doen en die oorheersende gevoel van agteruitgang wat so baie mense in die land voel, verander na positiwiteit oor die toekoms. Hy het sy 100 dae in die amp bereik en die Kaapstadse Persklub toegespreek. Hill-Lewis sê om af te skop met ‘n kragonderbreking van 27 uur was ietwat van ‘n vuurdoop.