Kaapstad werk hard aan toerisme-herlewing

Die Stad Kaapstad het sy ooreenkoms met die bestemmings-bemarkingsvennoot, Kaapstad Toerisme, vir nog drie jaar verleng. Dit is in die lig van die wêreld-reis-en-toerismeraad se onlangse verslag oor ekonomiese impak, wat wys Suid-Afrika se toerismesektor sal na verwagting oor die volgende dekade jaarliks met 7,6 persent groei. ‘n Woordvoerder van die stad, James Vos, sê deur volgehoue en vernuwende veldtogte, het Kaapstad Toerisme gehelp om die sektor weer te laat herlewe ná die Covid-19-knou: