Kaapstad verheug om Sewes-toernooi terug te hê

Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, is verheug omdat die Wêreldrugby-sewestoernooi ná ‘n onderbreking van twee jaar na die stad terugkeer. Die toernooi vind die naweek van 9 tot 11 Desember plaas. Hill-Lewis sê die geleentheid sal ook Kaapstad se status as ‘n internasionale bestemming vir byeenkomste versterk.