Kaapstad vat weer ‘n eerste vir Afrika

Kaapstad sê hy is die eerste stad in Afrika wat ‘n aansienlike belegging maak in die rehabilitasie van die reënval-opvanggebiede wat water aan sy voorraaddamme voorsien. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad dra in die 2022/23-boekjaar 50 miljoen Suid-Afrikaanse rand by tot ‘n vennootskap wat koördineer word deur die groep, The Nature Conservancy, wat dors uitheemse indringerplante verwyder sodat meer water die damme kan bereik: