Kaapstad se toerismesektor floreer

Met die Covid-inperkings wat nou iets van die verlede is, is Kaapstad se toerisme-sektor weer besig om te begin floreer. Tydens die inperkings, wat in Maart 2020 ingestel is, en wat vir meer as twee jaar in plek was, moes baie toerisme-ondernemings hul deure toemaak met duisende mense in die stad wat hul werk verloor het. Stad Kaapstad sê die Moederstad se besoekers-getalle in die laaste kwartaal van 2022, in vergelyking met die laaste drie maande van 2021, het met tot 36 persent gegroei. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad, Fritz Platt…