Kaapstad se gemiddelde damvlak is 75%

Kaapstad se gemiddelde damvlak staan op 75 persent, teenoor 97 persent verlede jaar. In die ooreenstemmende tydperk verlede jaar was twee van die ses groot damme al vol en was geen van dié damme se vlak onder 85 persent nie. Die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die Wes-Kaap, se vlak is 76 persent teenoor 101 persent verlede jaar. Intussen is daar tot 60 persent-kans op reën vir Vrydag, vir veral die Suidwes-Kaap.