Kaapstad open sy eie aandelebeurs

Die jongste Suid-Afrikaanse aandelebeurs wat vandag in Kaapstad geopen het, beloof om ondernemings te lok met notering teen ‘n derde van dit wat in die Johannesburgse aandelebeurs gehef word. Die uitvoerende hoof, Eugene Booysen, sê kleiner ondernemings het die afgelope paar jaar wegbeweeg van die JSE weens koste- en nakomingskwessies, maar die Kaapstadse aandelebeurs sal tegnologie gebruik om koste te bespaar. Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het die bekendstelling bygewoon en die eerste onderneming wat handel dryf, gelukgewens.